Your Recipe Blog

OONDGEBAKTE BRISKET EN AARTAPPELS

OONDGEBAKTE BRISKET EN AARTAPPELS

Skaapvleis is koning in ons omgewing, beesvleis word nie gereeld gebruik nie. Brisket het egter heerlik sag gekom met ‘n ou bekende metode wat waarborg om die taaiste vleis sag te maak.
  • 1,4 kg stukke brisket (verdeel groot stukke in helfte)
  • sout en peper na smaak
  • 10 ml droë pietersielie
  • rooipeper na smaak
  • koekmeel
  • 110 ml tamatiesous
  • 40 ml Worcestersous
  • 40 ml asyn
  • 500 ml water
  • 2 teelepels suiker
  • 1 ui, grofgekap
  • 7 klein aartappels in skil, middeldeur gesny

Meng koekmeel met speserye.
Rol stukke brisket in meelmengsel tot goed bedek en plaas in groot oondkasserol met deksel.
Pak ui bo-oor.
Meng tamatiesous, Worcestersous, asyn en water en giet bo-oor.
Strooi suiker oor, pak aartappels op snykant op die vleis en sous.
Bedek en bak 2 ure by 160° C.
Haal deksel af, skep van die sous oor die aartappels en bak nog 10 minute.

Resep en foto: Madeleine Steenkamp

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page