Your Recipe Blog

ONTBYT KAASBAKKIES MET SPEK

ONTBYT KAASBAKKIES MET SPEK

Hoeveelhede is per bakkie, pas aan met die aantal wat jy wil voorberei.

  • 2 eetlepels gerasperde kaas per bakkie
  • 1 teelepel rissie roomkaas
  • 1 eetlepel gaar spek stukkies
  • 1 eetlepel gebraaide sampioene
  • 2 klein tamaties
  • roket vir garnering

Gebruik ‘n “non stick pan”  en spuit met spray en cook vir kaasbakkies.

Skep jou twee eetlepels kaas in pannetjie. Wanneer dit gesmelt het en lyk of dit bruin wil raak dan draai jy dit om. Ek het ‘n vurk gevat saam my “plastic lifter” dit is dan net makliker.
Lig uit pannetjie en plaas onmiddelik oor ‘n lekker dik houtlepel se steel om die “bakkie” vorm te kry.

Skep al jou gaar bestanddele in kaasbakkie, garneer met roket blare en bedien.

Dit is heerlik.

Resep en foto: Marian van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5