ONTBYT FRITTATA MUFFINS
- 1 rooi soetrissie, opgekerf
- 1 klein ui, opgekerf
- 4 worsies of stukkies spek, gesny
- 6 eiers, liggies geklits met ‘n bietjie melk
Braai die soetrissie, ui en worsies of spek liggies saam vir ‘n paar minute met sout, peper en speserye na smaak.
Skep gebraaide mengsel in silikon muffin houers.
Plaas die muffin houers in die AIR FRYER mandjie en vul elke muffin houer met die eiermengsel.
Bak teen 180ºC vir 10 minute of tot gaar.
Resep en foto: Colleen Viljoen