ONTBEENDE GEVULDE HOENDERROL
1 x ontbeende hoender ± 2 kg (plaas hoenders werk lekker)
1 x pakkie streep spek (250 g)
1 x 500 g goeie kwaliteit maalvleis
10 x rooi kersies
1 x ui, fyn gekerf
handvol vars pietersielie
5 takkies vars tiemie (gebruik net die blare)
5 ml himalayan pienk sout (kan enige sout gebruik, maar slegs my keuse)
5 ml peper
2.5 ml suurlemoen peper
2.5 ml swart peper
5 ml hoenderspeserye
5 ml gelatine
40 cm vleis mesh netting (kan verkry word by sommige slaghuise) of alternatief, gebruik kombuis tou, selfs dik hekelgaring werk
Vlek hoender oop en strooi hoenderspeserye oor.
Pak nou die spek oor die oopgevlekte hoender.
Meng die ui, sout, verskeie pepers, tiemie, pietersielie en gelatine met die maalvleis.
Plaas die maalvleis mengsel oor die spek vleis en die hoender.
Druk redelik vas.
Plaas nou die ry kersies in die middle van die honder se rugstring,
Begin om die hoender styf op te rol van die sykant, basies die been en vlerkie kant.
Rol styf op na die anderkant en hou die maalvleis vulsel in plek. Indien die vleis mesh netting gebruik, skuif die hoender in en trek styf oor.
Indien nie beskikbaar nie gebruik tou en bind die hoender oor die lengte vas.
Indien dit gebeur dat dalk die vel van die hoender iewers nie mooi geheg of bymekaar pas nie, gebruik ek sommer hekel garing en naald en werk die plek toe.
Die hoenderrol kan suksesvol gevries word.
Gebruik oondpan met rakkie wanneer gaargemaak word.
Gebruik 1 hoenderblokkie in die oondpan met 750 ml water.
Sout die hoender liggies en maak toe met foelie.
Bak 30 min by 160 ºC en haal foelie dan af.
Bak verder 45 min tot lekker bruin en gaar. Toets met toetspen of enige bloedvloeistof nog uitkom.
Nota:
Onthou om enige tou/garing te verwyder voor dit gesny word.
Die hoenderrol is eers op sy beste die volgende dag, want dan het geure heerlik ontwikkel en dit sny heerlike dun skywe waarin die hoender, maalvleis en kersies mooi vertoon.
Geniet en hoop elkeen eet heerlik.
Foto’s en resep: Riets Pienaar