Your Recipe Blog

ONTBEENDE GESTOPTE LAMSBLAD

ONTBEENDE GESTOPTE LAMSBLAD

  • 1 ontbeende lamsblad
  • 5 – 6 songedroogte tamatieskywe, opgekap
  • 30 ml songedroogte uie
  • vars roosmaryn, opgekap na smaak
  • vars pietersielie, opgekap na smaak
  • sout en swartpeper na smaak
  • 500 g bees maalvleis
  • 60 ml room
  • Basil pesto
  • 50 ml balsamiese asyn
  • 50 ml suurlemoensap
  • olyfolie

Ontbeen die heel lamsblad en stop met gegeurde maalvleis.
Meng die maalvleis met die songedroogte tamatie, songedroogte uie, roosmaryn, vars pietersielie, sout en swartpeper na smaak. Meng die room lekker deur die hele mengsel, proe dat dit ‘n lekker gegeurde mengsel is.
Maak die ontbeende vleis mooi plat oop en kap met ‘n vleis hammer dat hy oral omtrent ewe dik is.
Smeer die hele stuk vleis met basil pesto en pak dan die maalvleismengsel bo-op. (sien foto)
Rol die vleis op soos ‘n rolkoek en maak vas met tou.
Smeer die hele rol met olyfolie en sit swartpeper, sout en roosmaryn speserye buite om.
Braai die rol bietjie bruin in olyf olie op die stoof in ‘n ysterpot.
Meng die suurlemoensap met die balsamiese asyn en gooi in die pot.
Sit die deksel op en bak in die oond teen 160 ºC vir ongeveer 2 ure of tot gaar, hang af van die dikte van die rol.

Nota:
Ek het dit lou warm bedien saam met ‘n heerlike bruinsous wat ek gemaak het van die vloeistof wat oor was in die ysterpot.

Foto en resep: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page