ONGELOOFLIKE SKOONMAAKMIDDEL
Raad vir enige watermerke, taaiheid of vetkolle hetsy op ‘n muur/rak/glas/oond/skottelgoed/geroeste koek-of broodpanne….Géén geskrop en skuur nie – werk soos ‘n droom. Dis al wat ek gebruik.
Miracle Solution (Alles In Jou Kombuis)
- 60 ml “Sunlight Liquid” skottelgoedseep
- 125 ml suurlemoensap
- 250 ml asyn
- 565 ml water
- 1 x 1 liter spuitbottel
Giet die 1ste 3 bestanddele bymekaar skud goed.
Voeg die water by en skud weer.
Laat staan vir 15 min en daarna is die mengsel reg vir gebruik.
Spuit op oppervlak wat skoongemaak moet word, laat staan vir 10 min, was daarna met ‘n warm lap af.
Dit lig alle vuilheid – Herhaal indien nodig.
Resep: Joey Odendaal
Foto: Hannetjie Bezuidenhout
- 5 Liter mates:
- 5 liter kannetjie
- 750 ml asyn
- 750 suurlemoensap
- 750 ml Sunlight Liquid
Meng alles in die kannetjie en maak vol met warm water.
Meng goed en giet in spuitbottel om te gebruik.
2de Foto: Stien Rust
(Ek het myne aangemaak, maar het nie ‘n liter bottel nie so ek het minder water in, hoop nie dit maak ‘n verskil nie. Sal met tyd nog water byvoeg.)
Louise Prinsloo
Rina Kleinhans hi, agv lui wees en die tekort aan asyn, het ek die 750 ml elk resep aangemaak. En ek sê jou dis ‘n wenner! Vuiligheid kom af wat ek nie eens geweet het daar is nie! Ek het sommer so plek-plek getoets en mens kan duidelik sien waar ek die toetsstrook skoongemaak het. Ek weet steeds nie hoekom die 1 liter en 5 liter resepte so verskil nie, maar dat die 5 liter een baie goed werk, is verseker!
Kan mens vars suurlemoensap gebruik? Of sal dit af gaan? Nie so lank hou nie?
Dankie
More Bets ons het nog nie probeer nie, maar ek glo as jy die kleinmaat aanmaak sal dit beslis werk.
Fantasties! Baie dankie
Baie goed, dankie!!