Your Recipe Blog

ONGELOOFLIKE 30 DAE MUFFINS

ONGELOOFLIKE 30 DAE MUFFINS

Een maand in yskas deeg.
5 – 7 dosyn muffins

  • 225 g (6 x 250 ml) semels
  • 500 ml kookwater
  • 230 g (250 ml) botter of margarien, gesmelt
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 4 eiers, geklits
  • 1 liter karringmelk
  • 25 ml koeksoda
  • 325 g (625 ml) koekmeel
  • 300 g (625 ml) volkoringmeel
  • 10 ml sout
  • rosyne, klapper, appels of droë vrugte na smaak

Voorverhit 220°C.
Smeer kolwyntjiepanne.
Meng semels en kookwater.
Voeg botter by en laat effens afkoel.
Voeg suiker, eiers, en 750 ml karringmelk by en meng.
Meng koeksoda en oorblywende 250 ml karringmelk.
Voeg by meel, volkoringmeel en sout.

Nota:
Nou kan jy extras byvoeg, rosyne ens.
Ek bak hulle sonder extras.
Deeg is slap, dit moet so wees.

Skep in muffinpanne.
Bak vir 20 min.

Bêre deeg in yskas en bak elke dag vars muffins vir kosblikke.

Resep: Hester Pienaar
Foto: Maranda van Dam

Category:

2 Reviews

  1. Engela Swart

    Dit lyk na ‘n baie wonderlike plan. Elle keer wat jy bak kan jy net’ n ander bymiddel inmeng

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page