Your Recipe Blog

ONGEKOOKTE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

ONGEKOOKTE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK

Ek het gister kondensmelk gemaak. Dit het my 5 minute gevat en dit proe net soos kondensmelk! Probeer dit gerus:

  • 1 koppies Cremorapoeier
  • ⅓ koppie water
  • ⅔ koppie suiker
  • 3 eetlepels botter

Sit alles in ‘n voedselverwerker en meng tot dit lekker saam gemeng is.
Niks word gekook nie… net lekker gemeng… voila!

Resep geplaas deur Joanie Vermaak Schutte
Foto: Rita Van Zyl

Nota:
Ek het lou water gebruik en so bietjie meer Cremora bygevoeg , hy was vir my bietjie dun, hy is perfek en proe heerlik.
Hierdie kondensmelk nou al 6 keer gemaak… dit is verruklik lekker, vandag Cremora tert daarmee gemaak en wat ‘n sukses, foto aangeheg.

Ludi Botha:
Ja werk soos ‘n bom ek gooi my kondensmelk in houers dan los ek so koppie nog in menger en gooi so teelepel poeier koffie by en gooi dit oor koek baie lekker.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page