Your Recipe Blog

ONGEKOOKTE SUURLEMOENSTROOP

Avatar photo
Recipe by
oornag

ONGEKOOKTE SUURLEMOENSTROOP

  • 15 suurlemoene se sap
  • 2.5 kg wit suiker
  • 1 pakkie wynsteensuur (12 g)
  • 1.5 liter kookwater

Meng alles saam, laat staan oornag. Ek roer so nou en dan deur.
Word nie gekook nie, dit raak  so lelike kleur en proe bitter.
Bottel in glas- of plastiekbottel.
Plaas die bottels in yskas om te voorkom dat dit gis, kan ook in plastiekbottels gevries word.

Om te geniet:
Maak aan volgens smaak met water of sodawater. Kan ook as ‘n “sorbet” bedien word.
Op die foto: Links is aangemaak, regs skoon konsentraat.

Resep en foto: Mari Mouton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page