OMGEKEERDE MIELIEPAPKOEK
- 1 ½ koppie mieliemeel
- 1 pakkie sampioensop
- 1 ½ koppie water, waarby klein bietjie olie gevoeg is.
- 1 blikkie gemengde groente
- 100 g ontbytspek, in stukkies gekap
- klein knippie sout, na smaak
Meng die meel en sop en maak ‘n slap pasta daarmee met ‘n bietjie van die water.
Bring die ander water tot kookpunt en voeg ‘n klein bietjie olie, die knippie sout asook die meelmengsel by. Draai die hitte laer en prut die pap vir ongeveer 30 minute terwyl dit gereeld geroer word.
Braai die spek tot gaar en voeg dit saam met die gemengde groente, wat goed gedreineer is, ongeveer teen die helfte van die kooktyd, by die pap en roer deeglik.
Wanneer die pap gaar en styf is, skep dit uit in ‘n springvormpan en laat dit heeltemal afkoel.
Plaas ‘n bord oor die pan en draai die pan om sodat die pap kan uitgly.
Indien dit nie los uitkom nie, maak die kante van die pan oop en lig dit van die papkoek af.
Bedien met ‘n tamatiesmoor.
Resep geplaas deur Adam Cloete vanaf ‘n idee van Abongile Monki
Foto: Adam Cloete