OMAJOVA’S (GROOT NAMIBIA SAMPIOEN)
Graag deel ek met julle ‘n plaaslike lekkerny, bekend as Omajova’s in Namibia. Dit is ‘n groot sampioen wat na goeie reënval by miershope uitkom in die Noorde van Namibia. As jy so gelukkig is om vars Omajovas in die hande te kry, maak as volg.
Maak dit mooi skoon deur die buitenste velletjie te verwyder en in die waaier te kyk vir enige goggas.
Sny die die kop gedeelte in stukke en die stam kerf jy fyn.
Die stam gedeelte braai ek saam met gekerfde uie in botter tot goudbruin en dit geniet jy saam met ‘n sny roosterbrood.
Die waaier gedeelte of kop sny ek in stukke. Jy sout en peper na smaak, rol dit in ‘n geklitste eier en dan in krummels.
Bak dit in ‘n redelike warm pan tot goudbruin.
Resep en foto’s: Ida Bouwer