OESTER MOUSSE
- 1 blik gerookte oesters, gedreineer en fyngekap
- 4 eetlepels sprietuie, gekap
- Tabasco sous, peper en sout na smaak
- 1 teelepel Worcestersous
- 1 koppie roomkaas
- 3 eetlepels room/melk
- 1 eetlepel suurlemoensap
Klits die roomkaas tot lig.
Voeg die res van die bestandele by en verkoel, verkieslik oornag, hang maar af hoe haastig jy is. Bedien met kraakbeskuitjies of snytjies melba toast of geroosterde baguettes.
Resep: Frikkie Jones
Foto: Zita Harber
Category: