“NUTTY WHEAT” EN HAWERMOUTBROOD
- 2 x 250 ml hawermout
- 4 x 250 ml “Nutty Wheat” meel
- 125 ml suiker
- 2,5 ml sout
- 80 ml olie
- 450 ml lou water
- 1 pakkie kitsgis
Meng die gis, olie, water en suiker saam en laat staan tot dit skuim.
Meng met die ander bestanddele en voeg die gis by. Meng goed deur.
Plaas in ‘n broodpan, laat rys vir ‘n uur of twee tot die pan vol gerys het.
Bak teen 180°C vir 45 minute.
Resep en foto: Frans Odendaal
Category: