NOUGAT VAN GOUESTROOP
- 250 ml suiker
- 125 ml koue water
- 100 ml gouestroop
- 3 eierwitte
- 2 teelepels vanilla geursel
- 375 ml gekapte neute
- 125 ml gesnyde glanskersies of droë appelkose
Plaas die eerste 3 bestanddele in ‘n dik boom kastrol. Kook saam tot mengsel ‘n stywe balletjie vorm as bietjie van mengsel in koue water gegooi word, of as jy ‘n termometer gebruik, kook tot 120°C.
Haal die stroop van stoof af.
Klits 3 eierwitte styf, in aparte skoon glasbak, nie droog nie.
Gooi stroop-vloeistof stadig in ‘n dun straaaltjie by die eierwitte terwyl jy aanhoudend klits.
Kook nog hoeveelheid stroop van dieselfde hoeveelheid bestanddele tot stywe balletjie vorm en gooi weer stadig by eierwit mengsel terwyl jy aanhoudend klits.
Nota:
Jy kan die mengsel een keer kook, en in 2 deel, maar maak die 2de helfte eers weer warm voor jy dit bygooi, die mengsel moet warm wees wanneer mens dit bygooi.
Voeg die vanilla geursel by asook die neute van jou keuse en glanskersies of gekapte droë appelkose.
Skep mengsel in goed gesmeerde plat bak en maak gelyk met ‘n mes.
Laat stol vir 1 – 2 dae en sny in blokkies.
Nota:
Jy kan ook ‘n vel ryspapier onder in bak sit en mengsel bo-oor skep en bedek met ryspapier.
Sny deur papier in blokkies.
Resep en foto: Cindy Groenewald