Your Recipe Blog

NOUGAT MET MAKADAMIANEUTE EN BOSBESSIES

NOUGAT MET MAKADAMIANEUTE EN BOSBESSIES

  • 2 velle ryspapier
  • 450 g (2¼ koppies) suiker
  • 250 g glukosestroop
  • 80 ml (⅓ koppie) heuning
  • 2 ekstragroot eierwitte
  • ¼ teelepel kremetart
  • 250 g makadamianeute (gerooster by 180°C vir 15 min)
  • 60 g gedroogde bosbessies
  • Maizena om te keer vir vassit

Smelt suiker, glukosestroop en heuning oor baie lae hitte. Moenie laat kook voor alles gesmelt het nie.
Vee kristalle aan kante van kastrol met waterkwassie af.
Kook stroop tot 140°C op suikertermometer.
Spuit 18 cm x 28 cm pan met Spray ‘n Cook en voer dan met een vel ryspapier.
Klits eierwitte en kremetart tot sagtepunt stadium.
Voeg warm suikerstroop by eierwitte – laat loop stadig aan die kant van die mengbak in terwyl die menger op die vinnigste spoed klits met ballonklitser.

Nota:
Werk baie versigtig dat niks spat nie, die kokende stroop is gevaarlik warm.
Klits tenminste 6 minute tot die mengsel dik en koeler is.
Skraap kante van die bak 2 keer om seker te maak alles meng goed in.
Voeg nou makadamias en bosbessies met die hand by – dis ‘n dik taai mengsel, so dis nogal moeilik om te meng.
Skep in pan en druk plat met tweede vel ryspapier bo-op.
Laat staan vir tenminste 5 ure voor jy dit sny – oornag is beter.

Nota:
Moet nie in yskas bêre nie.
Sny in blokkies en sprinkel Maizena oor om te keer dat die blokkies aan mekaar vassit.
Stoor in toe lugdigte houer.

Resep geplaas deur Retha Sorum Burger
Foto: Retha Sorum Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page