Your Recipe Blog

NJUM NJUM LEMON MERINGUE TERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 min + ekstra vir meringue

NJUM NJUM LEMON MERINGUE TERT

Resep gekry by my Gasvryheids Juffrou, Juffrou Kramer… Beste ooit!!!!

  • ¾ pakkie Mariebeskuitjies
  • 100 g botter
  • 1 blik kondensmelk
  • 3 groot eiers geskei
  • 110 ml suurlemoensap

Breek beskuitjies fyn en smelt botter, meng goed en druk in tert bak vas vir ‘n kors.
Klits die kondensmelk, 3 eiergele en suurlemoen sap goed saam.
Skep die mengsel op die krummelkors.
Bak vir 10 min in 200ºC.
Klits die eierwitte styf met 45 ml fyn suiker.

Haal die tert uit die oond  en sit die oond op 220ºC.
Skep  die meringue bo-op, begin by die kante en werk binnetoe, maak mooi punte op die meringue.
Sit terug in die oond en bak verder tot meringue bruin is.

Nota:
Gebruik 3 grooooot eiers anders is die eierwit bietjie min soos myne.. Haha enjoy!!

Resep: Liezel Van der Merwe
Foto:  Nadine Nortier

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page