NIERTJIE-SOSATIES
Resep en foto: Gideon Louw
Ekt gisteraand hierdie niertjie-sosaties voorberei vir vanaand se braai, dit was oornag in die koelkas.
- 4 lamsniertjies, velle afgetrek en in stukke gesny
- 1 pakkie repiesspek, in stukkke gesny
- ½ groen soetrissie, in stukkies gesny
- 1 ui, geskil en in stukke gesny
- Jimmy’s sous of sousmengsel van jou keuse
- Plaas die nierstukkies in ‘n bak met water en ‘n bietjie asyn.
- Laat staan die nietjies in asynwater in die koelkas vir 6 ure.
- Dreineer die niertjies in ‘n vergietes.
- Ryg die niertjies, spekstukkies, soetrissie en ui op ‘n sosatie-stokkie tot die stokkie vol is.
- Herhaal die proses tot al die bestanddele op is.
- Plaas die sosaties in ‘n plat bak en bedek dit met Jimmy’s sous.
- Braai die sosaties oor matige kole tot gaar.
Nota:
Die gaar niertjie-sosaties is soos murg, dit was djeeeeeerlik.
Category:














