NICO SE SUURLEMOEN OF PYNAPPEL YSKASTERT
Baie in my skik met my eie suurlemoen yskastert!
Nie te soet nie en ook nie te suur nie. Bevat geen botter nie. Korsloos. Vervang suurlemoen met pynappel geur na eie keuse.
- 2 pakkies Mariebeskuitjies
- 1 blikkie kondensmelk
- 2 suurlemoene se sap (150 ml)
- 2 koppies dik vla
- 250 ml gewone jogurt
- 1 pakkie suurlemoen jellie
- 1 koppie kookwater
Maak drie mengsels aan:
Dik vla – 2 opgehoopte eetlepels vlapoeier in 2 koppies water, kook tot dik.
Klits suurlemoensap en kondensmelk saam.
Los jellie op in kookwater en laat afkoel. Klits jogurt en aangemaakte jellie saam.
Neem 5 koekies, verkrummel en hou eenkant.
In jou gespuite tertbak, pak die lae min of meer as volg:
Pak Mariebeskuitjie as onderste laag.
Bedek met derde van die vla.
Bedek met helfde van kondensmelk mengsel.
Bedek met ‘n derde van yoghurt mengsel.
Pak weer met lae van Mariebeskuitjies, derde van vla, res van kondensmelk mengsel, en derde van yoghurt mengsel.
Maak klaar met laag Mariebeskuitjies, res van yoghurt mengsel en res van vla.
Strooi krummels bo-oor en verkoel.
Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie