Your Recipe Blog

NICO SE SJOKOLADE- EN GEMMER KOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 minute

NICO SE SJOKOLADE- EN GEMMER KOEKIES

Soms is mens mos lus vir ‘n lekker brosserige koekie met smaak as ‘n snack, maar een wat nie te soet of te sterk gegeur is nie. Dié ene werk net reg daarvoor.

  • 4 koppies koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • 2 eiers
  • 250 g bakmargarien
  • ½ koppie kakao
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • 5 ml vanilla geursel

Klits eiers, suiker, margarien en vanilla saam tot romerig.
Sif res van droë bestanddele saam en meng by.
Vorm balletjies en druk plat met ‘n vurk op ‘n gespuite bakplaat.
Bak vir 10 minute teen 180°C.

Resep geplaas deur Nico Conradie
Foto: Nico Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page