NICO SE GEEN KNIE BROOD
Ek het weer vandag, gou na kerk, my geen knie brood gebak met die resep wat ek vroeër geplaas het. Danksy Connie Fourie Nel se wenk met 2 pakkies gis en bietjie asyn, het my brood nog beter gerys. Ek het net die keer ‘n ysterpot gebruik. Die brood is baie lig en vrek lekker al moet ek dit self sê. Terwyl die oond warm was het ek sommer gou beskuit ook gebak.
- Oorspronklike resep:
- 7 koppies koekmeel (dis presies 1 kg)
- 4 koppies sterk lou water
- 2 teelepels sout of na smaak
- 1 pakkie kits suurdeeg (10 g)
- 4 eetlepels olyfolie
- 2 eetlepels (30 ml) suiker
- 1 groot lepel botter
- Aangepas:
- 2 pakkies gis, vir groot pot
- 5 ml asyn (brood bly langer vars)
Meng alles goed deur. Plaas in panne en laat rys vir ± 45 minute. Hierdie is genoeg vir een groot brood of 2 kleiner brode.
Bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180˚C.
Wenk:
Smeer kors van brode met bietjie botter wanneer dit uit die oond kom.
Ek het dit gebak en dit is heerlik! Ek het die brode so omtrent 45 minute in die panne laat rys voordat ek dit ingesit het. Panne was mooi vol gerys. Dit is regtig baie maklik.
Notas:
Elize Kriel
Ek sukkel bietjie met 4 koppies water ek gebruik amper 5 koppie water anders sukkel ek te veel om dit re roer dit bly droog vir my.
Nico Holtzkamp
Elize Kriel Moet sê ek het ook bietjie ekstra gebruik vandag. Vorige keer was 4 weer genoeg. Ek dink dit hang baie van die meel af. Dit is wat ek maar dink.
Elize Kriel
Nico Holtzkamp dit is verseker so die maak van die meel verskil seker in digtheid ek is naby see so ek dink meel is digter. Ek het ook al ‘n eier bygesit, meer suiker en rosyntjies, dit was baie lekker.
Nico Holtzkamp
Elize Kriel baie dankie. Ek gaan dit verseker probeer. Hoeveel suiker ekstra?
Elize Kriel
Ek het so halwe koppie gebruik, rosyntjies eers in meel gerol voor bygesit dan sak hulle nie af nie. As jy ‘n fyner brood wil hê vervang van die water met melk: 2 koppie water en 2 koppies melk.
Ek het ook al ‘n soutweergawe gemaak ham in blokkies gesny, kaas in blokkies gesny, in meel gerol en in deeg gewerk, met gerasperde kaas bo-op en laat rys en na gerys, bak.
Jy kan wituiepoeier by strooi,
Aangepaste resep en foto: Nico Holtzkamp