Your Recipe Blog

NEDERLANDSE POFFERTJIES

NEDERLANDSE POFFERTJIES

  • 250 g meel
  • 300 ml melk
  • 2 eiers
  • 5 g gedroogte gis of 10 g vars
  • 2 ml sout
  • 10 ml suiker
  • botter of olie

Meng al die bestanddele behalwe die botter of olie tot ‘n gladde deeg.
Laat die beslag 1 uur rys op ‘n warm plek.
Smeer die poffertjie pan met botter of olie en skep die beslag in die holtes, draai om sodra die poffertjie bruin is.
Gooi stroop of heuning oor en strooi versiersuiker oor en geniet.

Nota:
Jy het ‘n pan nodig om hulle te bak, dis ‘n Hollandse poffertjie pan (sien foto). Jy skep die deeg in die holtes van die pan en dit word op die stoofplaat gebak.
Sodra dit wegtrek van die kante af, draai jy dit om en bak so paar min aan die ander kant. Ek dink ‘n klein kolwyntjie pan behoort ook die ding te doen.

Foto en resep: Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page