Your Recipe Blog

NACHOS SONDER VLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 minute

NACHOS SONDER VLEIS

Het vanaand bietjie Nachos gemaak. Dis nou gou en sommer lekker as vingerete. Heel informeel.

  • uie en tamatie met soetrissie smoortjie
  • 2 pakkies Doritos skyfies (enige geur) 250 g
  • 230 g roomkaas
  • 410 g Feta
  • ± 400 g gerasperde kaas
  • agurtjies, in repies gesny na smaak
  • olywe na smaak
  • 1 blikkie heelpit mielies
  • guacamole

Voer ‘n oondbaak met foelie, smeer so bietjie met olie sodat dit nie vas sit nie.
Plaas nou laag vir laag, skyfies, uie smoortjie, feta, roomkaas, agurtjies, olywe en mielies.
Voltooi met ‘n laag gerasperde kaas en bedek met foelie.
Plaas in die oond vir ± 30 minute op 200°C.
Haal uit die oond en laat effens afkoel.
Bedien met Guacamole….Yummy😍😋

Resep en fotos: Yolanda Daniels

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page