NAANBROOD
“Goeiedag almal. Ek het vir die eerste keer naanbrood gemaak en het toe sommer probeer naanvetkoekies maak…ek kan ook nooit verby ‘n cream doughnut loop in die winkels nie, so ek probeer toe sommer my eie maak…die naanbrood het ons geniet met kerrie afval….die vetkoekies met mince kerrie…die doughnuts gevul met room en karamel. Kom ons begin met die naanbrood!”
- 3 koppies bruismeel
- 2 koppies gewone, ongegeurde jogurt
- ½ teelepel sout by (of verf naanbrood met gesmelte knoffelbotter wanneer gaar)
Sit stoofplaat op mediumhitte en plaas ronde pan met grootte van jou keuse op plaat. Geen olie of botter nie. Meng meel, jogurt en sout saam met ‘n lepel.
Knie liggies totdat bestanddele goed gemeng is. Degie voel baie klouerig as gevolg van jogurt.
Bestrooi ‘n groot oppervlak met bruismeel en maak klein balletjies van deeg.
Rol elke balletjie lekker dun uit soos jy dit gaan bak, een op ‘n slag en plaas in warm pan.
Gee so 30 sekondes kans om onder te bak voordat jy dit omdraai; draai gereeld om totdat broodjie so bruin soos ‘n ligbruin roosterbroodjie lyk.
Plaas op ‘n bord as mooi ligbruin is aan beide kante. Dis nou reg vir eet saam met jou keuse van sous of dis.
As gevolg van meel wat jy gebruik vir uitrol sal jy vind dat pan het ‘n swart stoffie in na die derde degie…ek vee dit net uit met papierhanddoek.
Resep en foto: Kitty Potgieter