‘N VINNIGE GROENTEGEBAK
“n Vinnige groentegebak vir enige aand van die week.”
- ¼ middelslag pampoen, geskil en in growwe stukke gesny
- 1 kop broccoli, in blommetjies gesny
- 1 middelslag murgpampoen (baby marrow/courgette), in skywe gesny
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel knoffelpoeier
- 2 teelepels groentespeserye
- swartpeper, na smaak
- 125 ml room
- ½ camembert sirkelblok (of enige kaas), in skywe gesny (± 125 g)
Plaas die groente in ‘n gesmeerde oondbak, en strooi die speserye en room bo-oor.
Bak vir 35 minute, bedek by 200 °C.
Plaas skywe kaas bo-op en bak oop vir nog 15 minute.
Bedien saam met vleis van jou keuse.
Resep en foto: Ilze Jacobs