Your Recipe Blog

MY-VROU-KAN-LAMSBOUD

Recipe by
Cook: 3 ure ongeveer

MY-VROU-KAN-LAMSBOUD

“My vrou KAN. Sy het vir ons dié heeerlike lamsboud supersag en smaakvol voorberei. Sy het dit voorgesit saam met knertjies en gekookte kapoen. Dit was djeeeerlik.”

  • 1 lamsboud, grootte na smaak
  • 1 – 2 uie, gekerf
  • bietjie water, vir kook van boud
  • aartappels, geskil en hoeveelheid na smaak
  • sout en peper, na smaak
  • rissie-vlokkies (‘chillie’-vlokkies), na smaak
  • knoffelvlokkies, na smaak
  • ertjies en pampoen, gaar – vir bydis doeleindes

Braai die boud bietjie aan beide kante saam met die uie vir ‘n mooi kleur in ‘n lekker groot ysterpot.
Voeg bietjie water by en kook boud stadig vir ongeveer twee ure.
Vul water elke keer aan, maar net bietjie water op ‘n slag, die boud moet lekker kook/braai.
Wanneer die boud begin sag word, pak die aartappels rondom die boud en kook dan stadig vir nog ‘n uur met sout, peper, rissie- en knoffelvlokkies. Draai die boud en aartappels gereeld dat hulle rondom mooi kleur kry.
Wanneer die boud loskom van die been is dit gaar en reg om te bedien, toets dat jou aartappels ook sag en gaar is.
Sit voor met ertjies en pampoen.

Voorstel:
Skep die lekker sousie oor die groente.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page