MURGPAMPOENTJIE- EN MIELIEGEREG
Vandag gemaak, heerlik. Heerlike gereg saam met vleise. Ek het langwerpige glasbak van 34 cm x 21 cm en diepte so plus minus 5 of 6 cm gebruik.
- 375 g murgpampoentjies, met skil gerasper
- 2 medium uie, gerasper
- 1 pakkie spek, gekap en gebraai
- 100 g gerasperde Cheddar kaas
- 250 ml bruismeel
- 125 ml sonneblomolie
- 5 eiers
- 410 g blik pitmielies, hou bietjie van die water om by te meng
- sout en peper na smaak
Meng alles saam in ‘n mengbak.
Skep die mengsel in gesmeerde oondbak, losboom pan, ring pan of broodpan.
Bak teen 180°C vir 45 minute tot gaar.
Bedien warm as ‘n bykos.
Resep: Lee Scott
Foto: Marie Dumas Jennings
Gaan dit beslis vanaand maak! Klink heerlik!
Ek het dié resep seker so 35 jaar terug in ‘n Rooi Rose gekry. Dit het ‘n familie gunsteling geword. Ons eet dit saam met braaivleis. Ek maak dit altyd as ek na ‘n bring en braai genooi word. Almal wil altyd die resep hê. Dit is net so lekker om dit in skywe te sny en koud te eet. (ek sit die gekapte bacon rou in)