MURGPAMPOENTJIE EN FETA POFFERTJIES
- 3 medium murgpampoentjies
- 2 groot eiers, geklits
- ½ koppie gekrummelde Fetakaas
- 1 ui, fyngekap (ek het myne sommer met die growwe kant van die rasper gerasper)
- vars kruisement, na smaak
- gerasperde Parmesan kaas, na smaak
- sout en swartpeper, na smaak
- 2 huisies knoffel, gerasper met growwe kant van rasper
- 1 koppie “nutty wheat” meel
- olyfolie
Rasper murgpampoentjie met die growwe kant van die rasper. Gebruik ‘n silwerskoon kombuisvadoek om die meeste van die water uit die gerasperde murgpampoentjie te druk (gooi vloeistof weg). In ‘n groot bak, voeg gerasperde murgpampoentjie, die geklitste eier, kruisement, uie, koffel en kruie by. Meng die meel by.
In ‘n nie-kleefwerende warm pan met ‘n bietjie olyfolie, skep lepelsvol in pan (los dat dit eers een kant gaar en bruin bak, dan druk jy dit bietjie plat met ‘n vurk, draai om en bak aan die anderkant tot gaar) 3 – 5 min per kant.
Bedien met vars suurlemoen of 1 bakkie volroom jogurt (ongegeurd), meng met gekapte komkommer en ‘n bietjie suurlemoen.
Resep en foto: Marina Hiscock