Your Recipe Blog

MURGPAMPOENGEBAK

Recipe by
Cook: 25 minute | Servings: 4

MURGPAMPOENGEBAK

‘n Lekker bygereg met die laaste somer murgpampoentjies en tamaties.

  • 50 g botter
  • ½ rooi ui, gekap
  • 3 groot murgpampoentjies, in skywe gesny
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • 1 teelepel vars gekapte tiemie
  • 1 teelepel vars gekapte roosmaryn
  • 100 ml room
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels Parmesaan kaas, gerasper

Braai die ui in die botter vir ongeveer 5 minute tot sag.
Voeg die murgpampoentjies by en braai vir 5 – 7 minute.
Voeg die tamatie by en braai vir nog 5 minute.
Voeg nou die res van die bestanddele by en prut oor ‘n lae hitte vir 10 minute.
Bedien saam met ‘n lekker skaap tjoppie of vleis van jou keuse.

Resep en foto: Ilse Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page