Your Recipe Blog

MURGPAMPOEN-, MIELIE- EN SPEKGEREG

Recipe by
Cook: 60 minute

MURGPAMPOEN-, MIELIE- EN SPEKGEREG

  • Kors:
  • 100 g koekmeel
  • 100 g sagte botter
  • 100 g gerasperde kaas
  • 5 ml sout
  • Vulsel:
  • 375 g murgpamoentjies, met skil gerasper
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • 1 blik heelpit mielies
  • 1 pakkie spek, gekap
  • 1 koppie bruismeel
  • 5 eiers
  • 150 ml melk
  • 10 ml gemengde kruie
  • sout en peper na smaak

Kors:
Vryf die botter in die meel in en voeg gerasperde kaas by. Werk deur tot ‘n deeg en druk vas op die bodem van ‘n losboompan of glasbak. Nie nodig vir vooraf bak nie.

Vulsel:
Braai die uie en spek saam en laat afkoel. Voeg al die bestanddele bymekaar en meng deeglik.
Skep die mengsel in die bak met deegkors.
Bak op 180°C vir ongeveer 1 uur tot gaar.

Wenk:
Die resep kan ook sonder die kors gemaak word.

Resep en foto’s: Juanita Viviers Scheepers

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page