Your Recipe Blog

MOSTERD HOENDERREPIES

MOSTERD HOENDERREPIES

  • 500 g hoenderborsies, opgesny in dun repe
  • 3 medium uie, opgekerf
  • ‘n hand vol sprietuie
  • ‘n paar takkies pietersielie en vars tiemie, opgekap/stingels verwyder

Braai hoender, kruie en uie in bietjie olie tot effens gaar.

Voeg volgende sous by en laat stadig prut oor lae hitte tot sag en gaar:

  • 2 eetlepels ingelegte Dijona sterk Dijon mosterd
  • 2 eetlepels Dijona heel korrelmosterd
  • 3 eetlepels Nola mayonnaise
  • 2 eetlepels Mrs Ball’s blatjang
  • ½ koppie warm water, sodat sous nie te dik is en vleis brand
  • sout en growwe peper na smaak

Geniet oor rys en met groente.

Resep geplaas deur Christelle van Rooyen
Foto:  Christelle van Rooyen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5