MOSSELS MET ‘n KRUMMEL BOLAAG
- 11 – 16 vars mossels, of gevriesde mossels op die halfskulp, ontdooi
- 75 g botter, gesmelt
- 250 ml broodkrummels
- 200 ml gerasperde kaas
- 20 ml olyfolie
- 8 – 10 vars basiliekruidblare, gesnipper
- 2 repe gaar deli ham, gesnipper
- 5 ml knoffelpoeier/vlokkies
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en peper na smaak
Stoom/kook vars mossels 10 minunte tot gaar (totdat hulle oopgegaan het) of gebruik ontvriesde mossels net so.
Gooi die wat nie oopgegaan het nie weg.
Breek helfte van die skulp af en plaas die mossels in die skulp in ‘n oondbak.
Meng die res van die bestanddele en skep bo-oor die mossels.
Bak 10 – 15 minute by 200ºC tot goudbruin.
Foto en resep: Ilze Garbers Jacobs