Your Recipe Blog

MOSSELRYS

Recipe by
| Servings: 4 porsies

MOSSELRYS

Vir diegene wat van Gansbaai se wêreld af kom, ken sekerlik vir Anna Smal en weet hoe lekker seekos sy kan maak. Hierdie is ‘n resep wat ek jare terug by haar gekry het en wat gereeld op ons tafel beland. Ons bedien dit as ‘n hoofgereg, met lekker vars broodrolletjies (of ‘n vars Franse brood) en met ‘n lekker bottel wyn en voila! En soos my man altyd sê: “ons is ge-fix!”

  • 2 pakke spek, opgesny
  • 1 groen soetrissie, opgesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 1 teelepel hoogvol vars knoffel
  • olie of margarien vir braai
  • 5 koppies gaar rys
  • 2 teelepels hoogvol gekapte pietersielie
  • 2 blikkies gerookte mossels met sous
  • grofgemaalde swart peper na smaak
  • 2 koppies gerasperde kaas van keuse

Verhit die olie of margarien in ‘n pot, groot genoeg vir al die bestanddele en braai die spek, soetrissie, ui en knoffel saam tot gaar.
Voeg die gaar rys, pietersielie, mossels en swartpeper by die gebraaide bestanddele en meng dit goed deur.
Voeg die rysgereg in ‘n oondskottel en sprinkel die kaas oor die rysgereg.
Plaas die gereg in ‘n vooraf verhitte oond en bak totdat die kaas gesmelt het.
Verwyder die gereg uit die oond en roer die kaas goed deur en dien op.
Vir garnering kan jy ‘n paar gaar mossels (met dop) bo-op plaas.
Ideaal vir ‘n ligte ete of as bykos by ‘n visgeregte.

Resep:  Anna Smal
Foto’s: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page