Your Recipe Blog

MONIQUE SE HOENDER LASAGNE

MONIQUE SE HOENDER LASAGNE

  • 1 gaar hoender (bene en vel verwyder)
  • Witsous:
  • 100 g botter
  • koekmeel
  • 500 ml melk
  • sout en peper volgens smaak
  • knoffel sout na smaak
  • 1 houertjie roomkaas
  • lasagne velle
  • 250 g gaar spek blokkie
  • gerasperde kaas

Smelt botter en voeg meel by tot sagte bal stadium vorm.
Voeg melk by terwyl jy heeltyd klits en daar geen klonte meer is nie en dit ‘n gladde sous vorm.
Voeg die sout, peper en knoffel sout na smaak by. Kook deur.
Voeg houertjie roomkaas by en roer tot roomkaas gesmelt het.
In ‘n oondvaste bak, pak lae soos volg: witsous, lasagne velle, gaar hoender gevlok, kaas en spek.
Begin weer met witsous, gaar hoender ens en eindig met witsous.
Strooi kaas oor en bak in die oond tot lasagne velle gaar is by 180 ºC.

Nota:
Ek dink dit sal ook lekker wees as jy gaar hoender met ‘n blikkie tamatie smoor of puree meng voordat dit in lae gepak word.

Resep en foto: Monique Van der Merwe
Ander fotos: Karel Le Roux Naude

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5