Your Recipe Blog

MODDERPOEDING MET WHISKEY

Recipe by
Cook: 40 - 45 minute | Servings: 4 - 6 porsies

MODDERPOEDING MET WHISKEY

  • 250 g botter
  • 15 ml Whisky of Brandewyn
  • 180 ml suiker
  • 250 g donker sjokolade, gekap
  • 375 ml warm water
  • 375 ml bruismeel
  • 60 ml kakao
  • 2 ekstra groot eiers
  • 5 ml vanilla geursel

Voorverhit oond tot 180ºC.
Spuit ‘n medium oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter oor lae hitte in ‘n kastrol en voeg die whisky of brandewyn, suiker, sjokolade stukkies en water by. Roer tot die sjokolade net gesmelt en die mengsel glad is. Verwyder die pot van die hitte af.
Sif die bruismeel en kakao eenkant saam en klits dit stadig in by die sjokolademengsel in die pot.
Voeg die eiers en vanilla geursel by die mengsel en klits tot gemeng.
Skep die beslag in die voorbereide oondbak en bak 40 – 45 minute tot gaar.
Sit louwarm of koud voor met bessies, room of vla.

Resep en fotos: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page