MODDERKOEKIES
Ek het Modderkoekies voorgesit by ons Bloemfontein groep se get-together.
Probeer dit gerus.
- 2 koppies suiker
- 1 teelepel vanilla
- ½ koppie kakao
- ½ koppie melk
- 200 g margarien
Kook alles 5 minute saam vandat dit borrel.
Haal af, en meng die volgende by:
- 3 koppies hawermout
- 1 koppie klapper
Laat afkoel vir so 5 min.
Skep lepels vol op gesmeerde bakplaat of waspapier.
Ek druk die kante liggies bymekaar dat dit nie so plat gaan lê nie.
Sit neer om af te koel en te stol.
Dit maak ongeveer 28 – 30 koekies
Foto en resep: Hannie Steyn