MOCHA SELFSOUS POEDING
My vinnige Sondagaand poeding.
Ek het die bruismeel met koekmeel en 2 teelepels bakpoeier vervang en die strooisuiker met gewone suiker.
Gebruik maar ‘n baie groot bak, anders gaan hy oorkook.
- 60 g botter
- 1 koppie strooisuiker
- 1½ koppie bruismeel
- 180 ml melk
- 125 ml kakao (½ koppie)
- 1 koppie styf gepakte bruinsuiker
- 2 teelepels kitskoffie poeier
- 2 koppies kookwater
Smelt botter 1 min in 3 liter glasbak in die mikrogolf.
Meng strooisuiker, meel, melk en helfte kakao by en meng tot glad.
Meng en strooi res van die kakao, bruinsuiker en koffie poeier eweredig oor deeg.
Giet kookwater versigtig oor.
Bak onbedek vir 12 min (of tot gaar in middel) in die mikrogolf.
Laat staan 5 min.
Resep geplaas deur Erna Van der Merwe
Foto: Erna Van der Merwe