MINI QUICHE MET BROODKORS
Foto en resep: Elaine Steyn
Ek hou baie daarvan om mini quiches te maak, maar die sonder ‘n kors sit vas aan die pan en om ‘n kors te maak is te ‘n lang proses. Ek maak dit juis omdat dit so vinnig gaan. So lees ek toe op google van die idee om gewone snye brood as kors te gebruik. Ek moet erken dat ek skepties was maar, dit werk soos ‘n bom en ek sal dit beslis weer maak. Die kors is heerlik bros.
- 1 groot muffin pan met 6 holtes
- 6 snye brood gebotter, los die kors aan
- 200 g spek, gebak en in stukkies gesny
- 6 eiers
- 45 ml melk
- gerasperde cheddar kaas na smaak
- ¼ teelepel sout
- ¼ teelepel peper
- 2.5 ml droë gemengde kruie
- Bespuit die pan met kossproei.
- Sit een sny brood met gebotterde kant na bo in elke muffin holte.
- Klits eiers met melk en voeg sout, peper en kruie by.
- Verdeel die eiermengsel gelyk op tussen die 6 holtes.
- Voeg nou jou kaas by en laastens jou spek.
- Bak by 180°C tot gestol en bruin bo-op. Ongeveer 20 – 30 minute.












