Your Recipe Blog

MIN MOEITE SJOKOLADEKOEK

Recipe by
Cook: 10 -12 minute of tot gaar

MIN MOEITE SJOKOLADEKOEK

“Pauline Theunissen het gevra vir ‘n maklike sjokokadekoek resep. Die resepte wat vervaardigers dikwels saam met hulle produkte verskaf, is gewoonlik goeie resepte. Ek bak graag hierdie sjokoladekoek, omdat dit maklik is en min moeite en heerlik is. Die basiese resep kom van ʼn Nestlé kakaoblikkie af.”

  • 3 eiers, geskei
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 koppie suiker
  • ¼ koppie olie
  • ½ koppie kookwater
  • ¼ koppie kakaopoeier
  • 2 teelepels bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel

Voer twee koekpanne met bakpapier uit. Strooi bietjie ekstra meel in panne en skud weer uit.
Skakel oond op 180 °C aan en maak seker oondrak is in die middel.
Meng kakao en kookwater en laat staan om af te koel. Klits eiergele, olie, suiker en vanilla goed saam en voeg afgekoelde kakaomengsel hierby.
Sif meel, sout en bakpoeier saam en roer by eiergeel- en suikermengsel. Klits eierwitte styf en vou met ʼn ligte hand by mengsel in. Skep in twee panne, laat staan sowat drie minute en stamp lugblasies uit.
Bak vir 10 – 12 minute of tot gaar. Die koek is gaar wanneer die toetspen skoon uitkom of die koek terugspring as jy liggies daarop druk.

Wenke:
Ek voeg graag een tot twee teelepels koffiepoeier by die sjokolade mengsel.
As die koek uit die oond kom, verf liggies met brandewyn, dit gee ʼn heerlike geur.

Plasing en foto: Tosca de Villiers

Category:

One Review

  1. Ek het vandag hierdie heerlike koek gebak, hy het net baie langer in my gasoond gebak, ongeveer 20 min, so toets maar voor jy hom uithaal, maar dit is ‘n baie lekker klam sjokoladekoek.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page