Your Recipe Blog

MILKY BAR YSKASTERT

MILKY BAR YSKASTERT

Ek het die naweek 2 yskasterte gekombineer en die lekkerste tert ooit gemaak. Ongelukkig kan ek nie ‘n foto opsit nie want toe ek weer kyk, is die bak leeg!!! Die resep is soos volg:

  • 2 bakkies roomkaas
  • 1 blik kondensmelk
  • ½ koppie suurlemoensap
  • 1 groot Milkybar sjokolade, gesmelt
  • vars aarbeie vir sowat 1 uur geweek met strooisuiker, na smaak
  • 1 pak Eat Some More beskuitjies vir kors
  • 80 – 100 ml gesmelte botter/margarien

Maak die koekies fyn en meng met gesmelte botter. Druk vas onder in bak en plaas in die yskas.
Klits roomkaas tot sag, voeg kondensmelk en suurlemoensap by en klits tot styf.
Voeg gesmelte sjokolade by.
Voeg by aarbeie (of enige ander vrug van jou keuse) en meng.
Skep die vulsel bo-op die kors, versier soos verkies en sit in yskas vir ‘n paar uur.
Geniet!!

Resep: Adri Liebenberg
Foto’s: Wilma Pretorius‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5