MILKY BAR FUDGE IN DIE MIKROGOLF
- 1 blik kondensmelk
- 2 ml sout
- 500 ml versiersuiker
- 125 g botter/ margarien
- 5 ml vanilla geursel
- 1 Milky Bar slab sjokolade
Meng alles behalwe vanilla en sjokolade saam in ‘n mikrogolf bak.
Kook met tussen poses van 3 – 4 min op 800 watt 100% in mikro en roer goed na elke sessie.
Na die 3 de keer, breek sjokolade in mengsel in en voeg die vanilla by, roer goed deur.
Kook nog 3 min of tot die fudge begin verbruin.
Spuit ‘n groot genoeg glasbak of bakplaat en giet die mengsel daarin uit, maak gelyk.
Laat staan om hard te word en sny in blokkies.
Nota:
As dit klaar bruin was toe die sjokolade by gevoeg is, dan hoef jy nie weer te kook nie.
Moenie langer as 15 min kook nie.
Kook in ‘n glasbak wat lekker diep is, dit borrel lekker.
Resep en Foto geplaas deur Lynette van Zyl