Your Recipe Blog

MIKROGOLF SOUSKLUITJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 min + 1 min. rustyd

MIKROGOLF SOUSKLUITJIES

Ek het nou net geproe. Dis regtig baie lekker vir so ‘n vinnige poeding. Hy vra vir bietjie dun vla.

  • Stroop:
  • 500 ml kookwater
  • 5 ml kaneel
  • 15 ml botter (1 eetlepel)
  • 15 ml suurlemoensap (1 eetlepel)
  • 5 ml karamelgeursel (vanilla)
  • 375 ml bruin suiker
  • 5 ml gemmer

Plaas  die stroop bestanddele in  die mikrogolfoond ± 8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel opsit nie, stoom sal stroop verdun).

  • Beslag:
  • 140 ml appelkooskonfyt (½ koppie + 1 eetlepel)
  • 10 ml koeksoda (2 teelepels)
  • 125 ml botter (½ koppie)
  • 375 ml koekmeel (1 ½ koppies)
  • knippie sout

Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, voeg dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond vir 5 minute op hoog.
Laat 1 minuut bedek staan.

Foto:  Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page