MIKROGOLF SJOKOLADEFUDGE
- 2 pakkies Mariebeskuitjies (200 g elk)
- 250 g 70 % margarien
- 3 koppies versiersuiker
- 3 eetlepels hoogvol kakaopoeier
- 2 groot eiers
Rol Mariebeskuitjies fyner of druk fyner, maar nie te fyn nie.
Smelt margarien, voeg suiker en kakao by warm margarienmengsel. Meng deeglik en laat afkoel. Voeg eiers by en meng goed.
Plaas in mikrogolf op hoog vir 2 minute. Roer beskuitjies in en meng goed deur.
Skep die mengsel op ‘n bakplaat of pan (300 × 200 × 15 mm), maak gelyk en laat koud word.
Sny in blokkies (40 × 40 mm) en geniet.
Foto en resep: Pieter Pretorius