MIKROGOLF SJOKOLADE POEDING
- 125 g margarien
- 250 ml koekmeel
- 2 ml sout
- 5 ml vanilla geursel
- 20 ml kakao
- 1 eier
- 200 ml melk
- 15 ml bakpoeier
- 200 ml suiker
- Sous:
- 3 koppies kookwater om lekker sous te maak.
- ½ koppie suiker
- 3 eetlepels kakao
- 1 eetlepel margarien
Room margarien en suiker, voeg eier by en roer goed.
Voeg droë bestanddele in ‘n bakkie en meng om die beurt met die melk by die margarienmengsel.
Voeg geursel by en skep in ‘n bak wat eers gespuit is. Ek het sommer “cook and spray” gebruik.
Skink die kokende sous wat aangemaak is met kookwater oor die agterkant van ‘n groot lepel bo-oor die mengsel.
Mikrogolf 8 minute op 100% krag met deksel op.
Maak oop en mikrogolf ‘n verdere 5 minute op 80% krag.
Vorm sy eie sous.
Bedien met vla.
Resep getoets en foto: Marie Rheeder Troskie