Your Recipe Blog

MIKROGOLF MIELIEBROOD

Recipe by
Cook: 14 min plus

MIKROGOLF MIELIEBROOD

  • 500 ml bruismeel
  • 200 ml melk
  • 10 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 1 blik (410) g roommielies
  • 2 groot eiers
  • gerasperde kaas om die bodem van die pan ligtelik te bedek
  • paprika

Gebruik ‘n silikoon ringpan vir die mikrogolf. Bespuit die ringpan deeglik met nie kleef middel.
Strooi die gerasperde kaas ewereding op die bodem van die pan.
Meng nou al die bestanddele goed saam behalwe die paprika.
Skep mengsel in die ringpan en maak gelyk bo-op.
Mikrogolf die brood op 70% krag vir 14 minute.

Nota:
Nie almal se mikrogolf oonde is dieselfde nie so toets maar met ‘n toetspen of dit deur gaar is, indien nie laat dit nog ‘n 5 tot 6 minute op 70% krag gaan.
Keer die brood uit op ‘n bord en besprinkel met paprika.

Resep en foto:  Ilona Turner

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page