Your Recipe Blog

MIKROGOLF MELKTERT SONDER KONDENSMELK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 7 min

MIKROGOLF MELKTERT SONDER KONDENSMELK

  • 1 liter volroom melk
  • 125 g margarien
  • knippie sout
  • ¾ koppie suiker
  • ½ koppie Maizena
  • 2 eiers, geklits
  • 5 ml vanilla geursel
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • kaneelsuiker

Mikrogolf die melk en margarien tot kookpunt.
Meng die suiker, eiers, Maizena en sout saam.
Voeg die suikermengsel by die melkmengsel en asook die vanilla.
Mikrogolf alles saam vir 3 min. op HOOG – roer met ‘n “whisk”.
Herhaal soos volg:  2 min – roer, en weer 2 min. -roer.
Pak Tenniskoekies onder in ‘n glasbak en skep die mengsel bo-op.
Strooi kaneelsuiker oor.
Sit in yskas tot heeltemal koud en geniet.

Wenk:
Los die Maizena op met bietjie van die koue melk om klonte te voorkom.

Resep en foto: Sandra Schreuder-de Klerk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page