Your Recipe Blog

MIKROGOLF KONSERTINA KNOFFELAARTAPPELS

MIKROGOLF KONSERTINA KNOFFELAARTAPPELS

  • 2 groot aartappels
  • 125 g botter, gesmelt
  • 2 teelepels tiemie
  • 2 vars knoffeltoontjies, gerasper
  • sout en peper na smaak

Sny die aartappels in die helfte deur en sny dan in skywe soos met konsertina aartappels.
Plaas die gesnyde aartappels in ‘n mikrogolfbak met ‘n deksel.
Meng die botter, tiemie, knoffel, sout en peper saam en giet dit oor die aartappels.
Plaas die deksel op die bak en stoom die aartappels op “potato” stelling tot gaar.
Geniet.

Resep en foto: Theo Pistorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5