MIEMIE SE MALVALEKKERS MOUSSE
Ek het gister hierdie mousse gemaak. Ek het 70% donker sjokolade gebruik en dit is regtig baie maklik en heerlik. Nie so erg soet nie, ek het dit met vars pruime bedien vir kleur en die suurigheid is heerlik by die sjokolade. Ek dink hierdie mousse kan ook goed werk as vulsel vir ‘n mousse koek. Geniet !!
- 18 tot 24 Malvalekkers
- 150 g donker sjokolade
- 1 blik Ideal Melk, 24 uur verkoel
Smelt Malvalekkers, sjokolade en 100 ml Ideal Melk saam. Laat effens afkoel.
Klits res van die Ideal Melk styf en meng alles saam.
Klits sommer goed anders gaan lê die sjokolade onder in die bak.
Skep in klein aparte porsie bakkies of in een groot tert bak ongeveer 20 x 20 cm.
Plaas in die yskas om te stol.
Bedien soos verkies.
Resep: Miemie Van Zijl Greyling
Foto: Rina Kleinhans