Your Recipe Blog

MIELIEPAPBALLE MET BILTONG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

MIELIEPAPBALLE MET BILTONG

  • Maak lekker stywe mieliepap met ongeveer 1½ koppies mieliemeel9
  • Meng daarby in:
  • 1 blikkie suikermielies
  • 2 koppies fyn gekapte droë wors of biltong
  • ½ blikkie tamatie en uiemengsel
  • Worcestersous na smaak
  • 1 koppie gerasperde Cheddar kaas

Laat die mengsel effens afkoel.
Rol dan stywe frikkadel grootte balle en pak in ‘n gesmeerde oondpan.

  • Sous:
  • 1 liter room
  • ½ blikkie tamatie en uiemengsel
  • blatjang, speserye en Worcestersous
  • gerasperde kaas
  • origanum

Meng die room met die oorblywende tamatie en uiemengsel.
Voeg by na smaak: blatjang, speserye en Worcestersous.
Skep die sous oor die papballe en maak seker dat dit goed bedek is.
Sprinkel gerasperde kaas en origanum bo-oor.
Bak teen 180°C vir 45 minute of tot die room begin dik word.
Bedien warm en geniet!

Bron:  Johan Du Preez snr
Foto: Sharon Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page