Your Recipe Blog

MIELIEPAP- EN ROOMMIELIEGEBAK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute | Servings: 4 - 6 porsies

MIELIEPAP- EN ROOMMIELIEGEBAK

Resep en foto: Ina Vd Hyde-van Bosch
’n Ongelooflike maklike gereg om met wors of braaivleis voor te sit en baie baie lekker.

  • 360 g (750 ml) growwe mieliemeel
  • 250 ml (1 koppie) melk
  • 500 ml (2 koppies) water
  • 60 ml (¼ koppie) olyfolie
  • 2 x 410 g-blikke suikermielies
  • sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
  • ½ klein ui, in dun ringetjies gesny
  • 6 – 8 knopiesampioene, in dik wiggies gesny
  • 10 – 12 takkies vars tiemie
  • Voorverhit oond tot 180°C en smeer ’n vlak oondvaste bak liggies met olyfolie.
  • Roer meel, melk, water, olie en suikermielies in oondbak saam en geur na smaak. Roer weer deur.
  • Strooi ui en sampioene oral oor die mengsel, maar moenie weer roer nie. Sprinkel tiemie oral oor.
  • Bak vir 1 uur of tot meel gaar en gereg goudbruin bo-op is.
  • Variasie:
  • Laat ui en sampioene uit en skep ’n dik tamatiesmoor bo-op, sprinkel met ’n bietjie kaas en bak soos beskryf. Stukkies gebraaide spek kan ook bygevoeg word.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page