MIELIEPAP- EN KAAS POFFERS
- 250 ml slap mieliepap
- 250 ml koekmeel
- knippie sout
- 2 ml mosterdpoeier
- 2 ml rooipeper
- 15 ml bakpoeier
- 250 ml Cheddar kaas, gerasper
- 1 ekstra groot eier
- olie vir diep braai
- barbeque speserye
Meng die mieliepap, koekmeel, sout, mosterdpoeier, rooipeper, bakpoeier en kaas in ‘n mengbak.
Voeg die eier by asook bietjie melk, indien die mengsel te styf is en meng goed deur.
Bak lepelsvol tot goed gaar en goudbruin.
Haal uit op kombuispapier en strooi barbeque speserye oor.
Resep en foto: Amanda Austen












